Dagsê,
Ek is Leraar Saake Botha.
Ek help individue om moeilike besluite in en vir Jesus te maak.
Ek is tans Leraar in die Noord Natal Distrik van die KwaZulu-Natal-Vrystaat Konferensie van Sewendedag Adventiste.
In 2020 verwerf ek my Baccalaureusgraad in Teologie van Helderberg Kollege van Hoër Onderwys (Somerset Wes).
Ek het my vierde-jaar akademiese navorsing in Sistematiese Teologie voltooi. Sistematiese Teologie handel oor Bybelse doktrine en lering.
Ek spesialiseer in nuwe media en digitale evangelisasie en het saam met mede kollegas aan verskeie produksies vir die kerk gewerk.
Tydens 2023-2024 het ek vir Adventiste Radio Pretoria (nou Adventiste Wêreld Radio Afrikaans) gewerk as omroeper, vervaardiger, klanktegnikus, en het ek die ateljee in Pretoria bestuur.
Einde 2024 tot vroeg 2026 het ek vir André Brink gewerk as assistent op twee produksies - Animal Encounters Australia en Animal Encounters New Zealand vir Hope Channel. Ek het ook gehelp met film werk vir Hope Channel Duitsland.
Ek glo
gedetailleerde, delikate werk vereis 'n skerpsinnige verbeelding