Ja, Jesus kom
spoedig terug.

Hoekom?

Die Volgende Super Koninkryk
Leraar Herman Sutherland

Die akkurate profesieë in die bybelboek Daniel wys vir ons dat Jesus se koms bitter naby is. Daniel hoofstuk 2, asook 7-8, verduidelik deur die geskiedenis van die koninkryke op aarde dat Jesus se koninkryk die volgende een sal wees. Tans is verdeelde Europa en die Verenigde State van Amerika (VSA) die wêreldryk wat wêreldbeheer uitoefen. Egter, agter Europa en die VSA sit die antichristelike mag - kerk en staat - die vermengde Rooms Katolieke Kerk met heidense Rome. Hierdie heidense religiuese stelsel gaan deur Jesus se koninkryk vervang word.

Die droom wat die
toekoms voorspel

In Daniel 2 droom Nebukadneser van ‘n groot beeld, saamgestel uit verskillende metale, wat deur ‘n groot Klip by sy voete verbrysel is. Die beeld het ‘n hoof van goud, bors en arms van silwer, heupe van brons, bene van yster en voete gedeeltelik van yster en klei. Die goud is die koninkryk van Babilon, silwer is die koninkryk van Medo-Persië, brons is die koninkryk van Griekeland, yster is die koninkryk van Rome en die yster en klei is die koninkryk van Rome met verdeelde Europa. Die groot Klip - is Jesus Christus se koninkryk wat die ander koninkryke verbrysel en die hele aarde vul.

Ons bevind ons tans in die voete van yster en klei - die koninkyrk van Rome met verdeelde Europa.

Die volgende koninkryk sal Jesus Christus s’n wees.

Wie is die antichris?

Die Antichris
Leraar Herman Sutherland

Wat is die merk van die dier?

Die Merk van die Dier
Leraar Herman Sutherland